In die sesde hoofstuk van sy boek gebruik Antony Flew[1] die volgende voorbeeld. Verbeel jou jy kom jou hotelkamer binne tydens jou volgende vakansie. ‘n CD speler is besig om jou gunsteling song te speel. Bokant die vuurhert hang dieselfde prent wat in jou sitkamer bo die vuur hang. In die kamer hang die aroma van jou gunsteling geur. Jy stap oor na die mini-kroeg, maak dit oop en is verstom om al jou gunsteling sjokolades daar te kry om nie te praat van die koekies en drank waarvan jy die heel meeste hou nie. Jy draai na die tafel en kry daar die nuutste volume van jou gunsteling outeur. Jy gaan na die badkamer en dit lyk asof iemand al die sepe en badkamerware net vir jou uitgekies het. Toe jy die TV aanskakel vind jy dit op jou gunsteling kanaal. Die kanse is goed dat hoe meer jy in jou kamer ondersoek instel, hoe groter gaan die besef word dat al die aangenaamhede nie bloot per toeval so is nie, maar dat iemand geweet het jy kom en dat daar voorbereidings getref is vir jou koms.

Hierdie voorbeeld van die hotelkamer is ’n lomp, beperkte parallel met die sogenaamde ‘fine tuning’ argument. Freeman Dyson sê:

“The more I examine the universe and study the details of its architecture, the more evidence I find that the universe in some sense knew we were coming.

Kom ons neem die mees eenvoudige wette van fisika. Dit is al oor en oor bereken dat indien die spesifieke numeriese waardes van hierdie wette in die fynste deeltjie van ’n graad gewysig sou word, dan sou geen lewe op enige planeet kon vorm nie. Hugh Ross gee voorbeelde van sulke numeriese presiesheid (‘n ‘konstante’ genoem) in sy boek Why I Believe In The Miracle Of Divine Creation.

Hier is ’n paar van die vyf- en dertig voorbeelde wat hy noem: Die sterk kernkrag konstante, swak kernkrag konstante, gravitasiekrag konstante, spoed van lig, massa van ’n elektron, elektromagnetiese krag, die verhouding tussen die elektromagnetiese en die gravitasiekrag konstantes, verhouding tussen elektron en proton massa, verhoudingsyfer tussen hoeveelheid protone en elektrone, die spoed waarteen die heelal uitsit, die massa digtheid van die heelal, die ouderdom van die heelal, gemiddelde afstande tussen sterrestelsels, die heelal se bondeldigtheid, gemiddelde afstand tussen sterre, en nog ander. Onthou die merkwaardige: indien slegs één van hierdie konstantes in die fynste besonderheid gewysig sou word, sou lewe nie moontlik wees nie.

Francis Collins stel dit so:

“If any one of those constants was off by even one part in a million, or in some cases, by one part in a million million, the universe could not have actually come to the point where we see it. Matter could not have been able to coalesce, there would have been no galaxy, stars, planet or people.

Collins stel die byna onmoontlikheid van die ontstaan van ’n kosmos sonder God soos volg:

“Over the past thirty years or so, scientists have discovered that just about everything about the structure of the universe is balanced on a razor’s edge for life to exist. The coincidences are far too fantastic to attribute this to mere chance or to claim that it needs no explanation. The dials are set too precisely to have been a random accident.

Selfs indien daar ‘n skraal kans (baie skraal in lig van bogenoemde!!) sou wees dat die ontstaan van ‘n heelal kon plaasvind sonder ’n Skepper, sou dit tog uiters onwys of selfs onverantwoordelik wees om te leef asof so ‘n skraal moontlikheid die naaste aan die realiteit is! ‘n Mens bou tog sekerlik jou lewe om die mees waarskynlike veronderstelling en nie die mees onwaarskynlike nie! Baie wetenskaplikes en filosowe stem ooreen dat hierdie ‘fine tuning’ van die heelal baie sterk op ‘n intelligente Ontwerper dui wat intelligente lewe in gedagte gehad het!

[1] Sien artikel op hierdie website getiteld “WAAROM IS DIE BESTAAN VAN ‘N PERSOONLIKE GOD DIE BESTE VERDUIDELIKING VIR DIE ONTSTAAN VAN DIE HEELAL?”